Local news

Gebroke strate in Del Judor X4

Jerina- en Hesterstraat is in stukke en inwoners is gefrustreerd.

Meeste ken die gesegde dat alle paaie na Rome lei, maar wat gebeur as die paaie wat jou huis toe lei, in stukke lê of as deurpad gebruik word deur bestuurders wat nie eers woonagtig is in jou buurt nie?

Dit is die stryd waarin inwoners van Del Judor X4 hulself in bevind.

In Del Judor X4 is Jerinastraat die straat wat huis toe lei.

DA Wyk 34 Raadslid Lizelle Steyn dui aan hoe smal Hesterstraat is op 17 Augustus.

Op 3 Julie was ‘Jerina’ in trane gelaat toe ’n pyp in die straat gebars het.

Gelukkig was haar trane afgedroog toe die pyp herstel is, maar sy bly in stukke meer as ’n maand later omdat die pad na die tyd nie herstel is nie.

Die eens pragtige ‘dame’ is nou vol rommel en opgekapte teer, alhoewel sy by die ingang van die Omgewingsdepartement van die stadsraad lê.

Demokratiese Alliansie Wyk 34 Raadslid Lizelle Steyn het vertel hoe die pad baie verkeer elke dag moet hanteer omdat padgebruikers deur Del Judor X4 ry as kortpad na Mandelarylaan.

Ongeveer een kilometer verder lê die smal en stukkende deurpad ‘Hester’.

“Ten spyte van die feit dat die strate in Del Judor X4 smal is, is die slaggate om draaie ’n groot bekommernis. Hesterstraat word gebruik as deurpad vir mense wat nie woonagtig is in die buurt nie. Spoedhobbels is versoek, maar dit is sinneloos as die slaggate nie herstel word nie,” het Steyn gesê.

Sy het ook uitgewys dat Wyk 34 ’n betalingspersentasie van 99% gehad het in April en Mei, en 82% in Junie.

Ten spyte daarvan, word die ‘dames’ in stukke gelaat, party stukke so klein dat dit met die hand opgetel kan word.

DA Wyk 34 Raadslid Lizelle Steyn met stukkies van Hesterstraat in die hand op 17 Augustus.

Dit is nie die eerste keer wat inwoners van Del Judor X4 ‘gat’vol is vir die swak toestand waarin hul paaie gelos word nie.

WITBANK NUUS het op 15 Julie ook gerapporteer op die ‘handtekeninge’ van swak munisipale diens wat agtergelaat word vir dié inwoners.

Jerina- en Hesterstraat is in stukke en inwoners is gefrustreerd omdat die ‘klippe’ eenvoudig nie uit hul pad gerol word nie.

Die woordvoerder van die plaaslike munisipaliteit, mnr. Lebo Mofokeng is versoek om kommentaar te lewer op die bogenoemde.

Hy het ongelukkig nie voor druktyd geantwoord nie.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button