CrimeLocal news

Middernag is nie die N12 se vriend nie

Motoriste moet versigtig wees wanneer hulle bestuur, want om 'n groot klip in die pad te plaas blyk om die nuwe modus operandi van rowers te wees.

Die gebruik van nasionale paaie, veral die N12 snelweg, is veronderstel om veilig en gemakliker te wees wanneer jy van een plek na ʼn ander wil reis.

Dis juis hoekom ons die agterpaaie vermy, maar dit wil blyk dat boewe nou een stap te vȇr gaan en motoriste teiken wat veral in stil tye van die nag soos slange in die gras lȇ en wag.

Daar word beweer dat ʼn slagoffer om en by 01:00 in die oggend in die vinnige laan van die N12 gery het toe hy sonder kans om uit te swaai, ʼn groot klip met sy regtervoorwiel getref het.

Die beweerde rooftog het gebeur toe die man vanaf Johannesburg na Springs oppad was.

Met geen ander keuse as om te stop en die wiel te vervang nie, het daar vier onbekende gewapende mans op hom afgestorm.

Dit word beweer dat dit nou die nuutste modus operandi is van boewe, veral op stil tye van die nag of dag.

Die beweerde rowers het gevlug met ʼn slimfoon, skootrekenaar, horlosie en kontant.

Die slagoffer was gelukkig nie aangerand nie.

Volgens die SAPS-webtuiste is daar ʼn paar wenke oor wat om te doen en nie te doen in geval u uself in so ʼn situasie bevind:

Doen alles wat die oortreders sȇ.

Probeer ten alle tye om u trots, waardigheid en selfrespek te behou.

Probeer om kop te hou oor belangrike informasie soos tye, ligging, plekke en name.

Probeer om koel en kalm te bly.

Indien moontlik, val plat op die grond tydens die rooftog.

Moet nie histeries of paniekerig voorkom nie.

Moet geen weerstand bied nie.

Aggressie is nie in jou beste belange nie, bly kalm.

Moet nie probeer om ʼn held te wees nie.

 

Deel jou nuusbrokkies met ons per Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button