Local news

Neo Doxa vier geloof, kultuur en gemeenskap

’n Naweek vol geloof, vreugde en gemeenskapsgees het by Neo Doxa afgespeel, met toneel, pret aktiwiteite en uiteindelik die inwyding van hul splinternuwe gebou.

Neo Doxa het die afgelope naweek ’n gedenkwaardige viering aangebied, vol geloof, kultuur en gemeenskapsamehorigheid.
Op 28 November het die naweek begin met ’n inspirerende toneelstuk deur Fredia Bosch, wat die gehoor met humor, refleksie en geestelike boodskappe betrek het.
Op 29 November het die fees verder uitgebreek met ’n vol dag van aktiwiteite, insluitend ’n pretloop, ’n hondeskou, en ander vermaaklike programme vir jonk en oud.

Die dag was gevul met lag en pret en die gemeenskap het die geleentheid gebruik om saam te kuier en ’n vrolike dag te geniet.
Die naweek se hoogtepunt het op 30 November plaasgevind toe die nuwe gebou aan God gewy is.

Gemeentelede het saam gebid, gesing en hul dankbaarheid getoon vir die wonderwerke wat hierdie mylpaal moontlik gemaak het.

“Ons sê dankie aan die Witbank-gemeenskap vir julle deelname en aan elke vrywilliger wat gehelp het. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie,” het Ursula de Lange van Neo Doxa die boodskap van die kerk oorgedra.

 

 

 

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Simangele Khoza

I have been part of the Witbank News team since 2022. I excel in investigative reporting and in-depth reporting. I am passionate about keeping a pulse on the stories that shape the city. I cover all genres and have a special interest in soccer.
Check Also
Close
Back to top button