Liefde en glimlaggies strek van oor tot oor
Die inwoners van die Hoëveld Huis vir Gestremdes wens almal ’n vreugdevolle Kersfees toe.
Dit was ’n dag gevul met opgewondenheid, warmte en glimlagte toe die inwoners van die Hoëveld Huis vir Gestremdes by ’n plaaslike koffiewinkel onthaal was ter viering van Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede.

Die feestelikhede het op 3 Desember plaasgevind.
Die gaste was vrolik getooi in rooi en wit, met Kersversierings op die kop, wat vir ’n deurlopende en gesellige atmosfeer gesorg het.

Die inwoners van Hoëveld Huis is bederf met ’n heerlike ete geborg deur Theuns van Wyk en Ria Taljaard.
Janet Johnstone van die ATKV het die oulikste selfoonsakkies namens die tak oorhandig.


Dit is die derde jaar wat oud-onnie Didi van den Bergh hierdie funksie gereël het.
Daar was spesiaal aan haar dankie gesê vir die mooi gebaar.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
