Local news

Lukie is oorlede

Lukie is vanoggend oorlede. Die presiese omstandighede is nog nie bekend nie.

Die hartverskeurende nuus van Lukie du Toit se afsterwe het soos ’n skokgolf deur eMalahleni getrek.
Lukie is vanoggend in Witbank Hospitaal oorlede.


Die ink op sy ma, Tienie du Toit, se smeekgebede om te help om geld in te samel om Lukie na Life Kosmos Hospitaal oor te plaas vir behandeling nadat hy geval het, is nog nie eers droog toe die boodskap ontvang is nie.


Tyd het die smeekgebede ingehaal.
Die gehoorgestremde Lukie, het sy balans verloor en geval, wat tot ernstige bloeding op die brein gelei het.


“Lukie het van erge hoofpyne gekla en ek het gedink dis griep of sinus. Toe ek hom in die vroeë oggendure op die kombuisvloer aantref, het ek hom kamer toe gedra,” vertel Tienie.


Lukie is aanvanklik na die Impungwe-hospitaal geneem waar daar vermoed is dat hy breinvliesontsteking het.


Lees meer hier:‘Help my seun asseblief,’ smeek ma

Hy het egter op 22 Februarie in ’n koma verval. ’n Breinskandering het later getoon dat daar bloeding op die brein is, waarna hy op 26 Februarie na die Witbank-hospitaal oorgeplaas is vir ’n noodoperasie om die bloeding te dreineer.


Die presiese oorsaak van dood is nog nie bekend gemaak nie.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button