Oom Willie sal onthou word vir sy fyn sin vir humor en sy vlymskerp gevatheid
Oom Willie se gedenkdiens vind op 16 April om 11:00 by die NG Kerk Panorama plaas.
Die gemeenskap treur oor die afsterwe van die bekende oud-landdros, Willie Bolton, wat vroeër vandeesweek oorlede is.
Volgens sy vrou, Kit Bolton, is oom Willie op 13 April oorlede, vermoedelik aan sy hart.
Tannie Kit het gesê dat hy onlangs vier weke in die hospitaal deurgebring het en baie swak was. Hy het ook ’n hartklepvervanging ondergaan.
LEES MEER: Vriendelikheid die kern by VLU Magnolia-vergadering
Oom Willie sou op 9 Mei sy 84ste verjaarsdag gevier het en die egpaar sou die jaar 60 jaar getroud gewees het.
“Oom Willie het ons gou oor die vingers getik as ons regsterme verkeerd gebruik het. Hy het altyd die koerant saamgebring en dan met groot geduld verduidelik hoe die regstelsel werk,” het die nuusredakteur, Zita Goldswain, gesê.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
