Local news

Jong losskakel kort hupstoot vir o13-toer na Frankryk

Jong losskakel kort hupstoot vir o13-toer na Frankryk

Die 12-jarige rugbyspeler van Laerskool Onverwacht, Jordan Prinsloo, is opgeneem in die Bateleur o13-span en hulle gaan in Frankryk toer.

Dié span gaan vanaf 29 November tot 9 Desember Nice, Turyn, Lyon en Parys besoek om kragte te meet teen die Franse.


Hulle gaan ook ’n rugby kliniek bywoon. Jordan het R70 000 nodig om die toer mee te maak.
Dit sluit vlugte, verblyf, etes, spanklere en toergelde in.


“Ek is ongelooflik trots om aangekondig te word as deel van die Bateleur rugbyspan.
Hierdie toer is ’n groot eer en ’n droom wat bewaarheid word. Ek is opgewonde om nuwe vaardighede aan te leer en teen internasionale spanne te speel,” het die spoedvraat gesê.


Elke donasie bring die jong rugbyster nader aan sy rugbydroom.
Daar is ’n BackABuddy skarebefondsing gestig en as jy daarop kliek, kan jy Jordan ’n tree nader aan die Franse-toer bring.

Kliek hier: https://www.backabuddy.co.za/campaign/jordan-prinsloo-rugby-tour-to-france

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button