VLU Witbank-tak hou maandelikse vergadering
’n Hartlike damesbyeenkoms gevul met skriflesing, Moedersdag-bederfies, ’n brei-demonstrasie en gesellige samesyn.
Die VLU Witbank-tak het onlangs hul maandelikse vergadering in ’n warm en vriendelike atmosfeer gehou, waar lede saamgekom het vir samesyn en inspirasie.
Joey Ellis het die vergadering geopen met skriflesing en gebed, wat ’n rustige toon vir die oggend gestel het. Daarna het die dames tyd geniet om saam te kuier en mekaar se geselskap te waardeer.
Ria van Rooyen, Martie Vermeulen en Joey het gesorg vir heerlike eetgoed, terwyl die dames ook spesiaal bederf is vir Moedersdag met klein plantjies en mooi verpakte sjokolade.
Lees meer hier:48 jaar van susterskap vir VLU Witbank-tak
’n Hoogtepunt was Ria se breidemonstrasie van ’n ronde tafeldoek, wat groot belangstelling onder die lede gewek het.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
