Wees op die uitkyk vir kragopwekker en motorfiets
Willie Terblanche het ’n beloning vir die terugvind van sy kragopwekker, gereedskapskas en motorfiets opgesit.
Willie Terblanche se bloed kook behoorlik!
Diewe het op 26 Mei sy kragopwekker en motorfiets gesteel.
Hy het eers later agtergekom sy gereedskapskas is ook gesteel.
Terblanche het vertel die diewe het die hek oopgebreek en hulself gehelp.
Hy het ’n beloning opgesit vir die terugvind van sy goedere.
As jy op 27 Mei enige verdagte voertuie, mense of aktiwiteite naby Witbankdam in die Naauwpoort-omgewing opgemerk het, of as iemand skielik ’n motorfiets of kragopwekker probeer verkoop, kontak Terblanche dadelik by 083 621 3910.
Diefstal en misdaad in die omgewing is ’n groot kopseer, en die gemeenskap word gevra om op hul hoede te wees.
Lees meer hier: Kom maak lyn nat saam met Powerlines 239
Merk 30 Mei in rooi op jou kalender want dit is wanneer Powerlines 239 se Vrees Winterfees plaasvind
— WitbankNews (@WitbankN) May 15, 2026
Lees meer hier: https://t.co/BiotPT64lN#witbanknews #witbank #localnews pic.twitter.com/DQGPE5puG7
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za