GeneralSport

Righard skop en boks met die bestes

Die skopboks sensasie, Righard Burger is nou amptelik deel van die Suid Afrikaanse span.

Die skopboks sensasie, Righard Burger is nou amptelik deel van die Suid Afrikaanse span.
Righard het Woensdag 31 Mei gehoor dat hy in die span opgeneem is.

Die 17-jarige leerder van die Hoër Tegniese Skool het vroeër vanjaar ’n silwer medalje verdien tydens die Suid Afrikaanse Skopboks kampioenskap wat in Durban gehou was.

Righard oefen in Middelburg by Xtreme Kickboxing Technologies.

Sy afrigter, Pieter de Klerk is vol lof vir sy student wat behalwe vir die skopboks ook in gemengde vegkuns deelneem.

Vir Righard lê daar ’n opwindende paar maande voor waar hy saam met die room van die oes gaan oefen en deelneem.

Check Also
Close
Back to top button