Sport

Inyathi Stoeiklub is reg vir aksie

Elke lid word by die deur geskandeer en handreinigers word verskaf

Inyathi Stoeiklub maak gereed om weer deure oop te maak na ’n baie lang jaar van geen stoei weens die grendeltyd en Covid-19-regulasies.

“Inyathi se baie bekwame bestuurspan het koppe bymekaargesit, met ’n plan van aksie vorendag gekom en toe begin inspring om alles gereed te kry vir wanneer ons stoeiers weer die mat betree. Inyathi is nou 100% gereed,” het Bianca Rudoph, sekretaresse van die klub, gesê.

Elke lid word by die deur geskandeer en handreinigers word verskaf.

Inyathi is 100% gereed.

Spesiale oefenprogramme is reeds uitgewerk en die stoeimatte is uitgelê in 3m x 3m blokke sodat die stoeiers kan oefen en steeds sosiale afstand kan behou.

“Ons is almal gereed en baie opgewonde om terug te keer mat toe en ons kan nie wag om elke stoeier gou weer te sien nie,” het Bianca gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button