Jong talent word nie agter elke boom uitgeskop nie.
Sy was een van 14 deelnemers in Umhlanga wat die kans gestaan het om R100 000 te wen en ook die huis se ontwerper te wees vir ’n gelukkige kyker.
Vir die mense wat Larochelle Janse van Rensburg se storie gevolg en haar ondersteun het, is hierdie ’n bitter pil om te sluk. Maar haar sprankelende persoonlikheid was nie platgeslaan toe sy uit die ‘Win a Home’ kompetisie gestem is nie.
Sy was een van 14 deelnemers in Umhlanga wat die kans gestaan het om R100 000 te wen en ook die huis se ontwerper te wees vir ’n gelukkige kyker. Sy het bietjie meer insig gegee van hoe dit agter die skerms lyk en wat presies gebeur.
“Aan die begin was ons deur die beoordelaars beoordeel. Maar na ons in spanne ingedeel was, het die kompetisie verander. Ons was uitgestem deur ons spanlede,” het Larochelle vertel.
Sy is wel die jongste deelnemer in die kompetisie gewees, op slegs 21-jarige ouderdom. “Ek het vir hulle gesê dat hulle my nie moet onderskat nie, al is ek so jonk,” was Larochelle se woorde.
“Ek dink die moeilikste was dat alles so gejaag was. Ons het net twee dae gehad om al ons goed te koop en ook die vertrekke te doen. Wat dit veral moeilik maak is die feit dat ons niemand ken nie. Ons ken ook nie die plekke nie,” het sy gesê.
In die kompetisie het hulle aankope gedoen volgens ’n begroting.
Saam met die groep-uitdagings, moes hulle individuele uitdagings ook gedoen het. Dit het ook bepaal wie uitgestem sou word.
Larochelle Janse van Rensburg het aan die ‘Win a Home’ kompetisie deelgeneem in Umhlanga.
“Jy moet jouself konstant verdedig en dit is soos ’n emosionele ‘roller coaster’,” was haar woorde.
Hulle het ook ‘diary moments’ gehad waartydens hulle vrae moes beantwoord van die vervaardiger. “Soms selfs eenuur in die oggend,” het Larochelle gesê.
Sy vertel dat hulle die hierdie ‘diary moments’ gemaak het om drama te skep.
“Dit was baie harde werk en ons het van vroeg die oggend tot baie laat in die aande gewerk. Ons het gelukkig naweke bietjie af gehad, dan het ons behoorlik gerus. Dit was verskriklik lekker en ek sal so iets, enige tyd weer doen. Ek het so baie geleer,” het sy vertel.
Alhoewel daar baie ‘politiek’ was, het sy met baie lewenservaring terug gekom.
“Daar was party aande dat ek my ma gebel het in trane, vir hulle gesê dat ek hulle mis en net baie graag wil huistoe gaan. Maar die volgende dag het die son weer geskyn,” het sy gesê.
Larochelle gee ook interessante idees en wenke op haar twitter blad by @LarochellevR1.