Vinnige optrede lei tot arrestasie
Rowers het by nog ’n besigheid toegeslaan, maar hierdie keer was die sekuriteitmaatskappy te vinnig vir hierdie rower.

Rowers het by nog ’n besigheid toegeslaan, maar hierdie keer was die sekuriteitmaatskappy te vinnig vir hierdie rower.
Op Woensdag, 26 April het ’n rower sy rieme styf geloop toe mnr. Ian Small hom agter die toiletdeur gewaar.
“Ons het die winkel deursoek en ook in die toilet gaan kyk of die dak nie iets makeer nie. Die man het agter die toiletdeur vir my gewag en het toe in die dak geklim, natuurlik om weg te kom. Ons het ’n rukkie gesukkel om hom daar uit te kry, maar hy is naderhand in hegtenis geneem,” het Small op Dinsdag, 2 Mei gesê.
Hy het ook bygevoeg dat die kontant en selfoon wat gesteel is, wel teruggekry is.
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/66018/rower-gevang-in-springvalley/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/88529/selfoon-rower-val-plat/
