Lifestyle

Te kort aan geestelike gesondheidsdienste

Meer en meer mense in die land van melk en heuning val in die diep gat van depressie.

Meer en meer mense in die land van melk en heuning val in die diep gat van depressie. In vandag se lewe worstel talle mense in Suid-Afrika worstel met geestesiektes en is selfs medies ongeskik as gevolg hiervan.

Daar is in ’n onlangse media verklaring van Health 24 aangehaal dat die te kort aan Gesondheid en Geestesentrums ’n groot probleem in Suid Afrika is.

“Die kritiese situasie wat in die Staat se Psigiatriese hospitale gevind word en die nog aangespreekte kwessies wat in Februarie vanjaar deur die Gesondheids Ombudsman gerapporteer is, het gelei tot die provinsiale subgroep lede van die Sektoraal Psigiaters se forum verslaggewing oor die toestand van sorg in hul onderskeie streke. Die resultaat was skrikwekkend,” het die verklaring gelei.

Dié het gemaak dat die SASOP (South African Society of Psychiatrists) organisasie ’n tweede oproep indien oor die geestesgesondheid stelsel in alle provinsies.

Psigiatriese professor Dan Stein het na ondersoek gesê het gesê dat Suid-Afrika meer nodig het as die ander lande wat ook sukkel met psigiatriese hulp, om pasiënte met geestesversteuring te help.
Alta Cloete, beide ’n skrywer en depressie leier het gemeen dat

“dit te duur in vandag se lewe is om depressief te wees.”

Talle mense sit met geestesversteuring en het in ‘n groot krisis ontaard,

“want die behandeling is uitermatig duur. Medikasie kos tot R1 000 of meer per maand en Mediese fondse dek nie alles nie. Boonop skiet staatshospitale weens gebrekkige personeel en medikasie ver te kort,” het Cloete aan vertel.

Om die psigiatriese gevalle in statistieke te sit is van so aard dat dit onmoontlik is, soos die voorsitter van SASOP verklaar het,

“ As ons probeer om die impak van geestesgesondheids bestuur of wanbestuur te bepaal, is dit moeilik om die getalle vas te maak. Eerstens moet ‘n mens besluit oor ‘n definisie, die term ‘geestesongesteldheid’ teenoor ‘geestesversteuring’ word betwis.”

Hierdie skokwolk het gemaak dat inwoners aanvra oor die hulp wat ons steenkooldorp vir sulke gevalle kan bied. In die geval kan daar beide hulp verkry word deur die staat en private hulp in eMalalheni.

Die mees ekonomiese opsie sal die M-Care groep wees, ‘n subakuut gesondheidsdiens groep wat deur drie entiteite bedryf word. Die hospitale is middelsorg gesondheidsorgfasiliteite wat ‘n koste effektiewe alternatief bied vir tradisionele privaat en psigiatriese gesondheidsorg.

Daar is ook hoop vir dié wat in nood is maar nie die kostes van ’n psigiatriese sentrum, wat nog van medikasie kan bekostig nie. Witbank Hospitaal, ’n staatshospitaal neem ook pasiënte in met geestesversteuring en depressie maar ly ook aan die te kort van gesogte personeel en medikasie van die staat.

“Dit is baie moeilik vir mense sonder mediese fondse om tydens ‘n noodsituasie onmiddellik deur ‘n psigiater gesien te word. Hulle ly dan lank en moet hulle tot huisartse wend, wat ook duur is, want opvolgbesoeke is dikwels nodig. Klinieke gebruik meestal net een psigiatriese suster wat in baie gevalle nie goed gekwalifiseer is nie. Boonop betaal mediese fondse net 21 dae se hospitalisasie!” het Alta Cloete ook gesê.

“Daar is algemene praktisyns wat op hoogte met geestesgesondheid probleme is maar die te kort oorheers steeds die wat daar is. By bipolariteit en skisofrenie is ‘n psigiater egter nodig en as dit by psigoterapie kom, loop kostes vir kognitiewe gedragterapie tyd en geld,” het Psigiatriese dokter Dan Stein ten slotte gesê.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button