Local newsNews

Gelukkige 62 jaar saam

“Daar is net een man soos hy en ek het hom gekry,” het Lucy gesê.

Kobie en Lucy du Plooy het op 11 Oktober hul 62ste huweliksherdenking gevier.

Die twee is in 1958 in die klein NG Kerk in South Crest getroud. Die paar het mekaar oorspronklik ontmoet as kinders, toe hulle in die selfde voorstad saam gespeel het.

“Daar is net een man soos hy en ek het hom gekry,” het Lucy gesê. 

“Hy sal absoluut alles vir my doen.”

Volgens hulle is die groot geheim vir ’n gelukkige huwelik geloof, vertroue en samewerking. 

“Kommunikasie is ’n groot deel daarvan,” het Kobie gesê. 

“Soms ook om jou mond te hou.”

Na 62 jaar saam sê die twee ken hulle mekaar so goed hulle weet wat hul eggenoot dink sonder om te vra.
Kobie en Lucy het drie kinders, ses kleinkinders en twee agterkleinkinders. Hulle bly by hul oudste seun en sy vrou.

Vir die paar was ’n groot oomlik in hulle huwelik toe hulle hul 50ste huweliksherdenking saam met familie gevier het. 

“Ek het nooit gedink ons sal soveel huweliksherdenkings vier nie,” het Lucy gesê. 

“As ek dit weer kon doen sou ek,” het Kobie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button