Ondersteun die Wes-Vrystaatse boere
AfriForum het ’n projek geloods om die boeregemeenskap van Hertzogville, Boshof, Hoopstad, Dealesville en Bultfontein in die Wes-Vrystaat te ondersteun ná vandeesweek se verwoestende brande.
Honderde stuks vee, waaronder beeste, skape en wild, het doodgebrand of moes van kant gemaak word.
Tot dusver het bykans 130 000ha weiding afgebrand.
Die Alberton-tak het dit goed gedink om versamelpunte vir skenkings beskikbaar te stel en hulle het ook reeds R5 000 geskenk.
Hoe kan jy help?
Pak ’n boks vir ’n boer.
Talle boere het hul besittings in die brande verloor. Jy kan help deur ’n noodboks vir dié boere te pak. Lede versamel goedere soos toiletware, blikkieskos, beskuit, koekies, koffie, tee, suiker, langlewemelk en oor-die-toonbank-medisyne.
Versamelpunte in Alberton van die bokse is by Tannie A se huis is Charl Cillierstreet 28 in Alberton-Noord en dan ook by die National Paramedical Services se kantore by Chasewaterstraat 17 in New Redruth.
Maak ’n skenking per EFT
Mense kan ook geld oorbetaal in AfriForum se rekening: AfriForum NPC, FNB, takkode 261550, rekeningnommer 62349898398. Gebruik “Veldbrand” as jou verwysing.
Belangstellendes wat wil help met voer en mielies kan ’n e-pos na henk.maree@afriforum.co.za stuur.
Vir meer inligting, skakel Rika by 082 322 5529 of Louis by 082 453 9203.



