Local newsNews

Nuut opgeleide beraders beloon

Tydens die naweek van 23 Oktober is die praktiese naweek plaaslik aangebied en ‘n groep nuut opgeleide beraders is beloon met ‘n sertifikaat wat deur baie bloedsweet verkry is.

Die jaarlikse opleiding van beraders by Ligstad was in 2020 so uniek soos die jaar 2020.

Die 10-weke opleiding is in Maart 2020 teen week agt tot ’n stilstand gebring saam met die hele land en wêreld toe die pandemie tot die aankondiging van die grendeltyd gelei het.

Die praktiese naweek in Bela Bela is gekanselleer en daar is in Junie met die kursus voortgegaan sover die elektroniese formate tot Ligstad se beskikking was en die vlakke van die grendeltyd dit toegelaat het.

Tydens die naweek van 23 Oktober is die praktiese naweek plaaslik aangebied en ’n groep nuut opgeleide beraders is beloon met ’n sertifikaat wat deur baie bloedsweet verkry is.

Tydens die afsluitingsgeleentheid by De Landauer Kothuis Restaurant is die sertifikate aan die beraders oorhandig. 

Ligstad sien in afwagting daarna uit om die gemeenskap van Alberton te bly bedien met beradingsdienste en verwelkom die nuwe beraders as deel van die beradingspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button