Local newsNews

Chris se afsterwe laat ’n leemte

Chris se herdenkingsdiens was op 30 Oktober by die NG Kerk Brackendal gehou.

“Mens kon Chris nie dorp toe stuur as jy nie bereid was om lank vir dit wat jy gevra het, te wag nie. Almal het hom geken en hy was lief daarvoor om met almal gesprekke aan te knoop,” het Chris Fourie se vrou, Rita, gesê.

Chris het op 20 Oktober na agt weke in die hospitaal gesterf nadat sy niere en longe ingegee het.

Meeste sal Chris onthou as die man met die groot liefde vir motors.

“As ons iewers gekuier het of by ’n plek was kon jy maar weet dat jy Chris in of naby ’n kar sal kry. Hy het altyd geweet watse tipe kar en jaarmodel dit was,” het Rita gesê.

Chris is in Alberton gebore en het sy hele lewe hier gebly en as ’n werktuigkundige gewerk. Die paartjie was 54 jaar getroud en was saam op hoërskool.

“Ons was nie op skool ’n paartjie nie en het eers in ons 20’s begin uitgaan nadat ons mekaar by die kerk se byeenkomste raakgeloop het.”

Die paartjie het drie kinders, ’n dogter en twee seuns, en vyf kleinkinders.

“Albei ons seuns is ook vandag werktuigkundiges,” het Rita vertel.

Chris se afsterwe laat ’n leemte en Rita het gesê dat sy hom nooit sal vergeet nie.

In liefdevolle herinnering aan Chris Fourie.

“Hy het mens soms mal gepraat met kar-dinge, maar hy was ’n goeie man en pa met ’n sagte en groot hart. Hy was altyd vriendelik, behulpsaam en geduldig, maar hy kon ook goed kwaad raak op tye. “Met Chris se passie vir karre het hy oor die jare soveel klein modelkarre bymekaar gemaak. Enige tipe kar wat hy gesien het en waarvan hy gehou het, het hy gekoop,” het Rita vertel.

“Ons pa was ons steunpilaar en ’n inspirasie vir ons. Hy was ’n hardwerkende en liefdevolle mens. Hy het soveel mense geken en aangeraak. Hy laat ’n groot leemte agter en ons gaan hom baie mis. Hy was ’n wonderlike man, pa en oupa,” het sy dogter, Adelle, gesê.

Chris se herdenkingsdiens was op 30 Oktober by die NG Kerk Brackendal gehou.

Die familie gebruik ook die geleentheid om Ds Piet Botha en die NG Brackendal gemeente te bedank vir hulle ondersteuning in hierdie hartseer tyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button