Local newsNews

Geen groef vir dié Griete nie

In 1980 was Brackenhurst bekend as die doekedorp met baie mammas wat vasgekluister tuis gesit het want hulle het kinders groot gemaak.

Tydens ‘n wyksvergadering van die NG Kerk Brackenhurst stel die ouderling se vrou voor dat die dames daaraan moet dink om die mamma’s bietjie uit die huis te kry sodat hulle hul frustraties met mekaar kan deel.

En dan ook om iemand te kry om leiding te gee oor hoe om kinders goed en reg groot te maak. Só ontstaan die Anti-Groef Griete vir dames wat nie in ‘n groef wil verval en funksioneer nie.

Vandag 40 jaar later, en nou al oumas en ouma grootjies is die Anti-Groef Griete steeds aktief.

Op 28 Oktober het hulle hierdie moeilike jaar afgesluit by die pragtige Vista Del Monte en ook hul 40ste bestaansjaar gevier.

Met Kersfees as tema het almal die gesellige atmosfeer geniet.

Die dames vertel dat hulle beslis die wortelkoek kan ons aanbeveel en hulle wil ook hul hartelike dank en waardering uitspreek teenoor die personeel by Vista Del Monte vir die heerlike bederf.

Enigiemand wat meer inligting oor die Anti-Groef Griete wil hê of daaraan dink om aan te sluit kan met Wilma Paton by 082 466 2247 kontak maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button