Local newsNews

GALLERY: Kitaar Kêrels speel vir Danie Lubbe

Ter ondersteuning van Danie Lubbe, wat Covid-19 oorwin het en altesaam 102 dae lank in die hospitaal was, het Hennie de Bruyn en die Kitaar Kêrels 'n fondsinsamelingsoptrede gehou.

Die optrede het in die Bracken Park Gemeenskapsaal op November 14 plaasgevind.

Fondse wat hierdeur ingesamel is sal help om Danie se mediese onkostes, wat hy nog moet aangaan vir rehabilitasie, help dek.

Die Lubbe familie sê baie dankie aan elkeen wat die funksie bygewoon het en die aand moontlik gemaak het.

“Dankie dat julle jul harte oopgemaak het,” het Marilize Lubbe namens die Lubbe familie gesê.
“Julle het geen idee hoeveel dit vir ons beteken nie.”

Die Lubbe familie wil spesiaal dankie sê aan die volgende borge en mense:

• Sentinel Security
• Alberton REKORD
• Hennie de Bruyn en die Kitaar Kêrels
• Pooch Parlour
• Crocodile Rose Construction
• Alberton Hardware
• Alberton Meat World
• Blo Bar Alberton
• BAT Supplies and Projects
• Alan Gearbox
• Braai Shack
• Bracken Park Community Hall
• Al die familie en vriende van die Lubbe gesin.

Alwyn Forster, Otto Bekker en Pierre Liebenberg
Elna Erskine, David Swart en Willie en Antoinette Bekker.
Danie Lubbe saam met Noedene Liebenberg, die wenner van drie Blow Bar Alberton Haarsalon vouchers en ‘n Pooch Parlour voucher. (Foto verskaf)
Samantha Roux, Bianca Lubbe en Leanne Roux
Henk du Plessis, wenner van die kruiwa vol drinkgoed. Die kruiwa is geskenk deur Alberton Hardware en die drinkgoed is geskenk deur Model Bottelstoor, Meyerton asook deur vriende en familie van die Lubbe gesin. Die waarde van die prys was R5300. (Foto verskaf)
Philip Raath, Danie Lubbe, Hennie de Bruyn en Dawie Beukes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button