Alberton groet Manie
Die Jansen van Vuuren gesin het vroeg in Februarie totsiens gesê vir Manie Jansen van Vuuren. Manie was die eienaar van Sha-Mani vir 33 jaar waar hy ’n alombekende gesig vir Albertonners geword het.
Manie is oorlede op 2 Februarie op die ouderdom van 61.
“Ons was in Hartenbos en soos elke oggend het hy gaan fietsry en toe nooit teruggekeer nie,” sê Sharon Jansen van Vuuren, Manie se vrou van 38 jaar.
Die twee het mekaar in 1979 ontmoet in Johannesburg waar Manie gebore en grootgeword het. Uit die huwelik het hulle drie kinders, Garth, Natasha en Melissa, asook twee kleinkinders Qume en Bismarck.
“Hy was ‘n man wat geleef het om ander van Jesus te vertel,” sê Sharon. “Daar was drie hoof prioriteite: geloof, sy familie en sy vriende. Sy lag was aansteeklik. Ons wil die Here dank dat ons bevoorreg was om Manie, ’n man, ’n dad en oupa kon noem in die tyd wat die Here hom vir ons geleen het.”
Manie se lewenslange stokperdjies was fietsry, gym en mense.
Manie se roudiens het plaasgevind op 10 Februarie by Doxa Deo in Meyersdal.
“Ons wil graag ’n dankie aan Debbie en Stephen Carse gee wat hom gehelp het in sy laaste oomblikke. Tienie en Jannie Pretorius wat by my was in Hartenbos vir jul liefde en ondersteuning.
“Ons amazing dogter, vrou en sussie. Natasha jy is voorwaardelik ‘n engel. Dankie vir al die reëlings en ook jou span wat jou gehelp. Regina by Sha-Mani wat die fort gehou het.
“Ouma Moira en Oupa Johan wat gehelp het met die kleinkinders en ook by die huis koffie gemaak en mense bedien het. Dankie aan almal wat gehelp het en by ons gestaan het tydens die tyd en die hulp met die diens.
“Laaste maar nie die minste nie my kinders Garth, Natasha, Melissa, Rochelle, Tiaan en ons prins Bismarck en ons prinses Qume.”




