Local newsNews

Vroue bederf hospitaalwerkers

Hospitaalwerkers dankbaar vir klein bederfie.

Lede van Dinwiddie se Vroue Landbou-Unie (VLU) tak het dit goedgedink om vir al die werkers van die Netcare Unie en Netcare Clinton hospitale te bederf met tuisgemaakte beskuit.

Die vroue het op 5 Maart bymekaar gekom om die beskuit aan die verskeie personeellede van die twee hospitale te oorhandig.

“Ons het net gevoel dat hulle baie hard werk en onder geweldige druk is. Dié was ons manier om vir hulle dankie te sê,” het VLU-voorsitter, Magriet van der Walt, gesê.

Daar was ‘n pakkie vir elke werker van die hospitale.

Beide personeellede van die verskeie hospitale het die groep vroue vir hulle donasies bedank.

Lede het dit goed gedink om aan elke personeellid van die twee hospitale ‘n pakkie beskuit te gee.
Magriet van der Walt, Tendai Makwabarra (Clinton-hospitaalbestuurder), Laiken Mentjies (PA), Bernadette Jewaskiewitz (adjunk-matrone) en Priscilla Atkins by die Netcare Clinton Hospitaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button