Verkeersirkel is ‘n nagmerrie
Motoriste weet nie hoe om ’n verkeersirkel te gebruik nie.
Dit wil vir my voorkom dat amper niemand in Alberton weet hoe ’n verkeersirkel werk nie.
Jy, die persoon wat reg ry en wie se beurt dit is om te ry, moet uitkyk vir diegene wat nie stop nie of wanneer daar twee voertuie direk agter mekaar ry.
Verkeersirkels in Alberton hou ’n groot gevaar vir motoriste in.
Hoe het mense hulle bestuurslisensies gekry as hulle nie weet hoe om ’n verkeersirkel te gebruik nie?
Ek ry daagliks deur die verkeersirkel in Bruanstraat in Verwoerdpark en wat ’n nagmerrie.
Mense jaag net oor en gee nie om as jy vir hulle ‘hooter’ blaas nie.
Ek het ook al gesien dat die REKORD ’n paar keer berigte geplaas het om motoriste te onderrig oor hoe om te ry.
Iets moet gedoen word, want mense ry regtig onverskillig.
Sarie van der Schyff – Omgekrapte motoris



