Emmanuel terug in 2022
Die Emmanuel groep het vir die eerste keer in twee jaar weer op 20 Januarie saam gekuier. Die afgetredenes het saamgekom vir ’n vertoning en bietjie kuier. Die dag was begin met ’n opening deur pastoor Retief Booysen, wat sy eerste preek by die LewenSentrum gelewer het. Na dit is die nuwe komitee vir 2022
Die Emmanuel groep het vir die eerste keer in twee jaar weer op 20 Januarie saam gekuier.
Die afgetredenes het saamgekom vir ’n vertoning en bietjie kuier. Die dag was begin met ’n opening deur pastoor Retief Booysen, wat sy eerste preek by die LewenSentrum gelewer het.
Na dit is die nuwe komitee vir 2022 verkies.
Die hoogtepunt waarvoor almal gewag het was toe gaskunstenaar Rudi Claase die verhoog betree het. Die beroemde liedjieskrywer en sanger het almal vermaak met liedjies uit sy skatkis, beide ou treffers en sy eie liedjies.
Die volgende Emmanuel byeenkoms sal op 17 Februarie plaasvind, waar Lee Magnum sal optree.
Daar is geen koste verbonde aan bywoning nie, maar Emmanuel vra dat ’n donasie gemaak sal word om te help om die gaskunstenaar te betaal.
Vir meer inligting, skakel Marelie Rabie by 082 462 8676.




