Local newsNews

Charlet en Frik vier 50 liefdesjare

Baie geluk aan Charlet en Frik Willemse met hulle 50ste huweliksherdenking.

Charlet en Frik Willemse het op 5 Februarie hulle 50ste huweliksherdenking gevier.

Hulle is op 5 Februarie in 1972 getroud en dit is vir hulle ‘n groot mylpaal en een wat gevier moet word.
Die egpaar het drie kinders, twee seuns en ‘n dogter.

Die Willemse egpaar woon al vir meer as 40 jaar in Alberton en het hulle huis verbou en uitgebrei tot ‘n spoghuis in die buurt.

Hulle hou daarvan om in die land rond te toer met hul 4×4.

Saam het hulle ook al die staproete by die Visrivier Canyon in Namibië verskeie kere al gestap.

“Hulle is ‘n voorbeeld van ware liefde en hulle ondersteun mekaar in alles,” het die familie gesê.

Volgens die familie het albei van hulle harte van goud.

“Baie geluk aan Frik en Charlet Willemse met julle 50ste huweliksherdenking. Dis is ‘n leeftyd saam. Mag jul nog baie jare saam gelukking en vredevol lewe. Ons is baie lief vir julle,” is die boodskap van hulle kinders en kleinkinders af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button