Local newsNews

Ranties verwelkom voornemende Rakkers en Graad Eens by Ekspo

Besoekers kon hulle vergewis van al die sport- en kultuurkodes wat by die skool aangebied word.

Met die reuk van gebraaide boerewors in die lug en vrolike musiek in die agtergrond, het Laerskool Randhart met groot afwagting na die voornemende Rakkers en Graad Eens van 2023 by die Ekspo uitgesien.

Die kleuters en hul ouers is entoesiasties verwelkom.

Besoekers kon hulle vergewis van al die sport- en kultuurkodes wat by die skool aangebied word. Eksterne vennote van Laerskool Randhart het stalletjies beman, sodat ouers ’n geheelprentjie kon kry van wat die skool aanbied.

‘n Kleurvolle uitstalling het voornemende Rantie-leerders ingelig oor wat hulle kan verwag wanneer hulle by die ‘groot skool’ aanland in 2023. Foto: Verskaf.

By sommige stalletjies kon die kleuters aan aktiwiteite deelneem om hul vaardighede op die proef te stel, wat ingesluit het doelgooi, tennisballe slaan, ’n abstrakte kunswerk te skilder of om hulle langasems uit te toets.

Gaste kon die skoolterrein, Graad Een-klaskamers, mediasentrum en die rekenaarsentrum verken.

Daarna het hulle weggelê aan sappige boereworsrolle wat deur die Ondersteunersklub verskaf is.

Die skoolhoof, Marlene Gerber, kon nie uitgepraat raak oor die energie van die besoekers tydens hierdie spesiale geleentheid nie. Sy is in haar noppies met die voornemende Rakkers en Graad Een’s wat in 2023 by die Rantiefamilie gaan aansluit.

Toekomstige Rantie-gladdebekke het ‘n goeie idee gekry waarvoor hulle hulself sal inlaat wanneer hulle aan redenaarskompetisies sal deelneem. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button