Op 14 April het Matt Stern gesorg vir ‘n vrolike atmosfeer tydens die Emmanual groep se maandelikse byeenkoms.
Stern het ‘n verskeidenheid van liedere soos gospel, klassieke, ligte en pop musiek gesing en seker gemaak dat elkeen in die gehoor deelneem.
In sy aanbieding het hy ‘n musiek vasvra gehou en was daar ‘n geskenk vir die wenners.
Stern se borg se verteenwoordiger Anneke Lieberword van Avbob het ‘n kort aanbieding gedoen oor wat die organisasie vir die kliënte aanbied en daarna kon die gaste ‘n inligtingstuk ontvang.
Die oggend was afgeluit met ‘n roerende gospel-lied deur Stern. Na afloop van die vertoning het almal heerlik saam gekuier oor ‘n koppie stomende tee of koffie.
Emmanuel se volgende byeenkoms sal op 19 mEI plaasvind, waar Nico Booijse sal optree.
Daar is geen koste verbonde aan bywoning nie, maar Emmanuel vra dat ’n donasie gemaak sal word om te help om die gaskunstenaar te betaal.
Vir meer inligting, skakel Marelie Rabie by 082 462 8676.



