Moenie die hartsverhaal van Ansie Kotze op die 26 November om 10:30 by Lupa Meyersdal misloop nie.
Die hartsverhaal word deur Laurette Marais, stigter van Art Therapy, en sklidenaar Fredericus van Graan aangebied.
Ansie se verhaal het op 1 Februarie begin toe sy vir die Finesse-tydskrif se 60 dae uitdaging ingeskryf het.
Twintig finaliste, waarvan Ansie een was, het vir onderhoude gegaan waar die top 10 Nuwe Jy-finaliste gekies was.
Daarna het sy deurgegaan na top agt en uiteindelik was sy gekies vir die top ses wat finale toe gegaan het. Sy het 26.8kg vanaf 1 Februarie tot dusver verloor en haar doelwit is om haar gewigsdoelwit van 30kg te bereik.
Sy het die reis ingstap met rugpyn, insulien weerstandigheid (suikersiekte tipe twee), hoë cholestrol en hoë bloedruk.
Op 14 September het sy haar bloedtoets uitslae gekry en sy het als oorwin. Sy is 100% genees en moes soveel harder werk maar sy het dit gedoen.
Kom kuier saam en luister na haar lewenservaring.
Kaartjies kos R350 per persoon insluitend kos en drinkgoed.
Bespreek jou kaartjie voor of op 21 November om teleurstelling te voorkom by Laurette op 083 387 0026.



