Local newsNews

Org Meyer Voortrekkers verf Alberton pienk

Org Meyer Voortrekker Veldkornestkap, verstaan die belangrikheid van vroeë identifisering en kwaliteit kankersorg.

“Enige soort kanker is kanker, en ondersteuning is die sleutel vir almal,“ sê Willie-Waldo Kühn een van die offisiere van die Org Meyer Voortrekkers.

Hierdie projek is trots ‘Alberton’ en word aangebied deur Org Meyer Voortrekkers.

“Ek neem deel aan die Pienk Geverf-geleentheid om alle vroue te ondersteun wat aan enige tipe kanker ly, gely het of gaan ly. Ons wil hê hulle moet weet dat hulle geloof moet hê en nooit moet tou opgooi nie.”

“Let wel dat ‘n mens maar ‘n paar skewe kyke kry in die dorp, maar dit sal my nie keer om my pienk naels met trots te dra nie en volgende maand sal hulle blou en pers wees vir manlike kanker” het hy gesê.

‘n Foto van ‘n gesin se pienk geverfde naels.

Hierdie geleentheid is ‘n wonderlikke geleentheid vir enige bok-vir-sport om hulle uit te daag om hulle naels pienk te verf en dan so ook ‘n bydrae te gee vir hierdie doel.

“Dit is so ‘n unieke geleentheid waarvan ek trots is om deel te wees. Ons hoop dit dien as ‘n onvergeetlike herinnering en dat die beste verdediging teen borskanker vroeë opsporing is.” het Mornè Janse van Vuuren gesê wat self ‘n paar familie lede gehad het met kanker en self ook kanker oorwin het.

Dit is verder belangrik om te weet dat borskanker nie alleenlik by vroue vorkom nie en dat mans ook met hierdie tipe kanker gediagnoseer word.

As mens dit vroeg genoeg ontdek voordat dit erge simptome veroorsaak, soos ‘n knop wat tydens selfondersoek of per toeval gevoel word, is daar groter kans om suksesvol behandel te word, Dus, is dit belangrik om die selfondersoekke te doen en sou jy iets voel wat nie voorheen daar was nie is dit nie nodig om bang te wees nie.

Gaan raadpleeg die dokters om te bepaal wat dit is.

Nog ‘n foto van pienk toonnaels wat met die Org Meyer Voortrekkers gedeel is.

Trouens, volgens Cansa, maak vroeë opsporing ook meer behandelingsopsies moontlik, insluitend minder uitgebreide chirurgie en die gebruik van chemoterapie met minder ernstige newe-effekte.

“Ons wil dankie sê aan almal wat al deelgeneem het,” het Willie-Waldo gesê.

Org Meyer Voortrekkers bedank elkeen wat deelgeneem het. “Ons weet dit gee julle tans baie pret en plesier.”
Sou jy iemand wil uitdaag vir hierdie doel stuur Willie-Waldo ‘n WhatsApp by 073 029 0052 of stuur ‘n epos aan admin@orgmeyer.co.za

Meer inligting is ook op hulle webtuiste beskikbaar, www.orgmeyer.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button