Jannie Moolman bekoor gehoor
Skakel Marelie Rabie by 011 864 1285 gedurende kantoorure vir meer inligting oor die groep.
Emmanuel-lede was weereens bederf met die sangtalent van Jannie Moolman tydens hulle laaste byeenkoms van 2022 op 17 November.
Moolman is ‘n veelsydige kunstenaar wat van klassieke musiek tot ligte Afrikaanse musiek kan aanbied. Hy het die gehoor so betrek met deelname en so is ‘n baie aangename atmosfeer geskep.
Die sanger het die oggend afgesluit met die lied, Jerusalem.
Na sy optrede het almal lekker saam gekuier met eetgoed koffie en tee.
“Ons wens almal ‘n geseënde Jesusfees toe,” het Johan Schutte namens die Emmanuel Groep gesê.
Die volgende byeenkoms sal in Januarie 2023 plaasvind. Die finale datum sal later aangekondig word.
Toegang vir die dag is ‘n bordjie eetgoed. Vir meer besonderhede skakel Marelie Rabie by 011 864 1285 gedurende kantoorure.



