Yoti Huldeblyk by Laerskool Randhart
Huldeblyk aan Yoti die Griekse Boertjie op 28 Oktober.
Yoti die Griekse boertjie het Alberton vir baie jare groot plesier verskaf met sy sang. Hy is oorlede tydens die Covid-19 pandemie en het ‘n groot leemte in die musiekwêreld gelaat.
Alberton bring hulde aan die gewilde sanger met ‘n Yoti-fees by Laerskool Randhart op 28 Oktober om 18:30.
Kom en geniet ‘n aand en laat die Alberton se Manne- en Dameskore saam met Laerskool Randhart se Kiewietkoor en Rabdrefrein jou vermaak.
Gert van Tonder wat al baie saam met Yoti opgetree, is die gaskunsternaar.
In egte Yoti-styl gaan hierdie ‘n fees wees van vrolike musiek wat almal kan geniet.
Bring die hele gesin vir ‘n fees van musiek en pret. Kaartjies is beskikbaar by Laerskool Randhart teen R50 per volwassene en R20 per skoolkind.
Verversings sal tydens pouse te koop wees.
Vir meer besonderhede skakel Joey Louw by 082 371 0122.




