Local news
Albertonners word vereer
Die Cantare Gemeenskapstoekennings is 'n jaarlike instelling waar hulde gebring word aan lede van die Alberton gemeenskap.
Tydens hierdie toekenningsaand word individue en organisasies, wat brûe bou om transformasie te bewerkstelling en wat sosiale verandering in die gemeenskap bring, vereer.
Die Cantare Kinderkoor nooi jou om die aand saam met hulle op 4 Maart om 18:00 in die Alberton Burgersentrum saam met gaskunstenaar Kyle Grant, asook verteenwoordigers van die burgemeester se kantoor, te kom geniet.
Kaartjies is beskikbaar teen R150 per persoon en is beskikbaar op Cantare Kinderkoor se webwerb, www.cantare.org.za/events.
Vir meer inligting kontak 082 257 1407 of stuur ‘n e-pos admin@cantare.org.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




