Lede van Emmanuel kom weer op 16 Maart om 09:30 vir 10:00 by die Alberton LewenSentrum op die hoek van Hennie Alberts en Clairette strate bymekaar.
Die groep, West Band, sal die Emmanuel groep verras met hulle musiek en sang.
Toegang is gratis, maar daar sal wel donasies verwelkom word wat dan gebruik sal word om die kunstenaars te vergoed.
Elkeen is welkom om ‘n bordjie eetgoed saam te bring.
Vir verdere inligting, kontak Marelie Rabie by 082 462 8676 of 011 864 1285.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




