Ondersteun Helpende Hand se kosblikkieprojek
Helpende Hand se projek om te sorg dat kleuters en kinders nie honger gaan slaap nie.
Elke aand is daar kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te gee nie.
#StopHonger saam met die kosblikkieprojek is daarop gemik om te sorg dat hierdie kleuters daagliks voedsame bord kos ontvang.
“Magies volmaak, dis waaroor dit gaan. Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is van ete by die skool as hul primêre maaltyd vir die dag. Dis die harde werklikheid dat klein liggaampies nie normaal kan ontwikkel sonder gebalanseerde dieet nie. Dis moeilik om te konsentreer wanneer jy honger is en onmoontlik om te presteer terwyl jou magie grom,” het Mariolette Vorster die Oos-Rand se streekorganiseerder namens Helpende Hand gesê.
Die fokus van die projek is om te verseker dat behoeftige kleuterskole ondersteuning met voeding ontvang. Die kosblikkieprojek ontvang positiewe terugvoer van die skole wat betrokke by die voedingsprogram is. Onderwysers bestempel die projek as ‘broodnodig’.
Kleuters word danksy die voedingsprojek as fisiek sterker bestempel. Hulle groot- en klein motoriese vaardighede, sowel as intellektuele en emosionele ontwikkeling, baat ook by die toevoeging van voedsame maaltyd.
“Dit beteken dat kinders meer gehoorsaam is, hulle take makliker kan verrig en dat hulle selfvertroue verbeter,” het Vorster gesê.
Helpende Hand ontvang ook versoeke om by kinderhuise, ouetehuise en behoeftige gesinne in te gryp en daarom is bykomende veldtogte soos #StopHonger en #HelpJag begin om die kosblikkieprojek aan te vul.
Maak eenmalige finansiële bydrae tot die projek of wees kreatief en pak kosblikkie vir behoeftige kleuter op die Helpende Hand webtuiste.
Vir meer inligting stuur ‘n epos na mariolette@helpendehand.co.za
Besoek die Ons Winkel in 7 Hendrik Potgieterstraat in Alberton-Noord indien jy enige tweedehandse goedere het wat jy wil skenk.




