Brandpunt Kameraklub het tydens hulle onlangse vergadering hul Maart wenners aangekondig.
Die senior wenfoto, genaamd Emma is deur Peter Thomas geneem terwyl Anne van Graan die junior wenner was met haar foto, Beach stroll.
Brandpunt is ’n klub vir fotografie-entoesiaste in Alberton. Saam is hulle ’n jolige groep mense met ’n passie vir fotografie. Of jy dit doen as ’n stokperdjie en of jy al ’n gesoute fotograaf is, hulle bied iets vir almal.
Om meer oor die klub uit te vind of aan te sluit, stuur ‘n epos na www.brandpuntfotoklub.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



