Die wen-foto’s van die fotograwe van die Brandpunt Kameraklub vir April is onlangs aangewys.
April se tema was ‘Kleurvol’.

Die beste senior fotowenners was Peter Thomas met Theo in Gedagte en Nick van der Mescht met Light Octopus.
Gerhard Potgieter met Deadvlei View en Kleurvol was die junior wenfoto’s. Brandpunt is ’n klub vir fotografie-entoesiaste in Alberton.

Saam is hulle ’n jolige groep mense met ’n passie vir fotografie. Of jy dit doen as ’n stokperdjie en of jy al ’n gesoute fotograaf is, hulle bied iets vir almal.
Om meer oor die klub uit te vind of aan te sluit, besoek gerus hulle webtuiste.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



