Local news
‘n Oggend van boeremusiek by Emmanuel-groep byeenkoms
Nooit te oud om pret te hê by die Emmanuel-groep se maandelikse byeenkoms nie
Die Emmanuel-groep byeenkoms het hierdie maand voorsiening gemaak vir al die bejaardes van Alberton.
Bekende Suid-Afrikaanse country sangeres, Barbara Ray, oorspronklik van Skotland, was die gaskunstenaar en sy het vir groot vermaak gesorg.
Sy het haar weergawe van I Don’t Wanna Play House gesing wat ‘n dawerende sukses was.
Die bejaardes het heerlik gesing, gekuier en lekker kos geniet. Die oggend het almal se harte warm gemaak.
Die Emmanuel-groep is dankbaar vir elkeen wat die byeenkoms ‘n sukses gemaak het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!













