Die regte ding om die lente mee in te lei is ’n vrolike, feestelike lentefees op 1 en 2 September by die Hervormde Kerk in Tweedelaan.
Verrigtinge begin op Vrydag om 12:00 en hou tot laat aan. Op Saterdag begin die makietie om 08:00 en die vrolikheid hou aan tot ongeveer 13:00.
Kom smul heerlik aan knypkoeke (die lekkerste jaffels), kerrie en rys, boereworsrolle, Yankee’s, groentepakke, koeldrank en water, koffie en tee (met ’n stukkie koek of tert daarmee saam) en die heerlikste en soetste pannekoek. Hulle beloof hul pannekoek is die lekkerste in die suidelike halfrond.
Wat nog? Win & Spin om die kinders (en grootmense) mee besig te hou en ’n snuffeltafel waar jy alles kan kry wat jy nodig het. Hulle sê mos in Engels: “One man’s rubbish is another man’s treasure”!
Jy kan vooraf die hele gesin se Vrydag middagete bestel en dan hoef vroulief nie kos te maak nie. Bestel by Alet Meyer by 082 825 1211.
Die entrepreneurs wat hulle eie produkte wil verkoop kan hulle stalletjies kom oprig. Verdere navrae by Alet.
Kom lui die lente saam met die gemeente in.




