Local news
Bekkige Rantie in landsfinaal
Wanneer dit kom by dinge uitredeneer is daar min wat by Melinique Nel van Laerskool Randhart kan byhou.
Op 16 Augustus het Melinique aan die ATKV-landsfinaal by Goudini Spa deelgeneem. Sy eindig algeheel 14de in die land in die kategorie vir Graad Vier en Graad Vyf redenaars.
“Melinique, jou harde werk, deursettingsvermoë en liefde vir redenaars is ‘n inspirasie vir almal. Ons is baie trots op jou. Welgedaan!” het Michael Prinsloo van Laesrskool Randhart gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




