Local news

Helpende Hand se Moedersdag vieringe

Alberton se Helpende Hand-tak het organisasies besoek om geskenke aan al die moeders vir Moedersdag te oorhandig.

Die Alberton Helpende Hand-tak het verskeie organisasies besoek om hulle te bederf vir Moedersdag.

Lede het Transvaal Heavy Transport in Alrode, Stepping Stone Hospice, Hoërskool Alberton, Laerskool Montanus, Door of Hope, Brackendal Gemeente, Alberton Aftree Oord, Earth Angels en die Alberton Tuiste vir Bejaardes besoek.

Hulle het omgee geskenkies aan al die “mammas” oorhandig.

Die voorsitter, Ronelle Brand, het gesê: “Ons tak wil vir al die engelle op aarde sê dat ons weet hulle skouers is nie groot of breed nie, maar tog dra ‘n mamma almal se bekommernisse, laste, die waaroms en die hoekoms op haar smalle skouers.

Personeel van Hoërskool Alberton met hulle omgee geskenkies.

“Haar eie pyn en trane steek sy weg agter ‘n toe deur, in ‘n voertuig waar niemand haar seer kan sien nie, dan vloei die trane, alleen en op haar eie. Sy bly getrou op haar knieë en bid sonder ophou want sy is ma.”

Lede saam met die span van Stepping Stone Hospice.

Vir navrae oor die tak, stuur gerus ‘n epos na albertonhelpendehand84@gmail.com.

Helpende Hand het seker gemaak om moeders vir Moedersdag te bederf.
Die omgee geskenkies wat uitgedeel was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button