Local news

Jong kunstenaar vermaak Emmanuel groep

Dit was die tweede laaste byeenkoms van die jaar en ‘n heerlike gesellige kuier.

Die Emmanuel groep het onlangs vir hul tweede laaste byeenkoms van die jaar bymekaar gekom om gesellig te verkeer.

Die oggend was opgevrolik deur ‘n jong kunstenaar, die 17-jarige Lu-Anel van Staden. Hoewel sy nog op skool is het sy reeds bekendheid verwerf met haar pragtige sang.

Sy het verskeie toekennings in 2024 verwerf waaronder beste pop enkelsnit o18 (Liefgesgevoel), best live performer o18 en beste vroulike kunstenaar o18.

Met haar sang het sy die gehoor bekoor met haar unieke aanbieding. Sy het afgesluit met ‘n pragtige gospel lied.
Daarna het die lede lekker saamgekuier en smaaklike eetgoed, koffie en tee geniet.

Die afsluiting byeenkoms vir die jaar van die Emmanuel groep sal op die 14 November wees.

Vir verdere navrae skakel Marelie Rabie by 082 462 8676.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button