Vier Pinkster saam met Alberton LewenSentrum
Alberton LewenSentrum nooi inwoners na hul Pinksterdienste.
Om hierdie dienste te vier maak Andries Enslin ook ‘n draai by die gemeente wat Pinksterfees beskryf as:
“Pinkstertyd is weer hier. ‘n Heilige tyd. ‘n Geseënde tyd. ‘n Tyd waarin ons herinner word aan die vuur van die Heilige Gees wat uitgestort is oor die kerk – nie net in Handelinge 2 nie maar ook elke dag.
“Ons moet weer ons harte oopmaak en Hom eerlik en nedering soek. Hierdie is ‘n uitnodiging na ons Pinksterdienste, ‘n oproep tot jou hart.”
Dienste word aangebied vanaf 3 Junie to 6 Junie om 18:30, om 10:00 op 7 Junie en 09:00 op 8 Junie.
Almal is welkom by Alberton LewenSentrum, Clairettestraat 2A, Meyersdal. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor by 011 867 7244.




