Emmanuel seniors vier musiek, herinneringe en gemeenskapsgees
Sluit aan by die Emmanuel-groep vir die volgende geleentheid saam met die bekende Manie Jackson.
Weereens was die Emmanuel lede bederf met ‘n heerlike oggend op 15 Mei.
Dié bederf was spesiaal omdat die gaskunstenaar ‘n ou bekende was naamlik Nico Booijse wat reeds 25 jaar in die musiekbedryf is.
Hy het verskillende eras se musiek aangebied wat baie mooi in die seniors se smaak geval het en met sy pragtige verhoogspersoonlikheid het hy die hele gehoor in die holte van sy hand gehad.
Na sy optrede het die lede heerlik saamgekuier met eetgoed koffie en tee.
Die volgende byeenkoms wat sal plaasvind op 19 Junie, 09:30 vir 10:00 by die LewenSentrum in Meyersdal waartydens Manie Jackson sa optree.
Toegang is soos gewoonlik gratis maar daar sal wel donasies opgeneem word wat dan gebruik sal word om die kunstenaar te vergoed.
Vir verdere inligting skakel vir Marelie Rabie by 082 462 8676.




