Local news
Wen kaartjies: Ons Vibe Afrikaans
Ons Vibe Afrikaans bring die energie na Gold Reef City se Lyric Teater in Junie en hulle soek jou daar!
Gold Reef City gee ses dubbelkaartjies weg vir hulle grootste ondersteuners.

Op die verhoog vir twee aande is Chris Styen, Eloff en Early B21 op 20 Junie en Jack Parow en Droomsindroom op 21 Junie.

Hoe om in te skryf:
- Benoem (tag) ‘n vriend wat jy graag saam na die vertoning wil neem.
- Deel hierdie plasing op jou sosiale media
- Elke keer wanneer jy ‘n vriend benoem staan jy nog ‘n kans om te wen.
- Hoe meer jy deelneem, hoe beter is jou kanse.
- Die organiseerders sal ‘n ewikansige keurder gebruik om die name van die wenners te trek.
- Wenners sal deur die organiseerders gekontak word en hulle sal hul kaartjies by Gold Reef City se kaartjiekantoor afhaal.
- Wenners sal op 13 Junie 2025 aangekondig word
- Gold Reef City sal die wenners ook aan die Alberton Record bekend maak waarna die wenners op ons sosiale media.
- Geen korrespondensie sal na die bekendstelling van die wenners plaasvind en Gold Reef City se trekking van die wenners word as finaal beskou.

Kaartjies vir die vertoning is beskikbaar teen R180 per persoon. Maak seker jy loop dit nie mis nie.
Kry jou kaartjies hier: https://bit.ly/3XPTAr6
Kom ‘vibe’saam!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



