Manie Jackson kuier by die Emmanuel-groep
Merk jou kalender vir 21 Augustus, wanneer Lu-Anel die verhoog betree tydens die volgende byeenkoms.
Die Emmanuel-groep se maandelikse byeenkoms was weereens ‘n groot sukses, met Manie Jackson wat die groep bederf het met ‘n verskeidenheid musiek uit verskillende eras.
Die programaanbieding was uitstekend, aangesien Manie ’n baie goeie kontak met die gehoor gehad het. Na Manie se optrede het die lede lekker saamgekuier met eetgoed, koffie en tee.
Die volgende byeenkoms vind op 21 Augustus plaas by die Alberton LewenSentrum in Meyersdal, waartydens die jong kunstenaar Lu-Anel sal optree. Toegang is gratis, maar ’n donasie sal gevra word waarmee die kunstenaar vergoed sal word.
Verrigtinge begin soos gewoonlik om 09:30 vir 10:00. Vir verdere inligting, kontak Marelie Rabie by 082 462 8676.




