Local news

Buurtwag bied noodsaaklike bystand tydens ongelukke in Alberton omgewing

Alberton AfriForum-buurtwag het die afgelope paar weke broodnodige bystand aan nooddienste gebied wat op verskeie ernstige motorongelukke in en om die stad gereageer het.

Alberton AfriForum-buurtwag het die afgelope paar weke saam met nooddienste, die polisie en die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) gewerk om ondersteuning te bied, verkeer te beheer en die veiligheid van alle betrokke persone te verseker.

Lede van die AfriForum-buurtwag het op 12 Oktober op ’n botsing op Swartkoppiesweg gereageer en vinnige werk daarvan gemaak om die toneel en die insittendes van die motors te beveilig.

Die bestuurder van ’n Chevrolet het beheer verloor oor die motor, oor die verkeerseiland gery en ’n BMW getref.

Die bestuurder van die Chevrolet het die toneel verlaat, maar AfriForum-lede het Netcare911 en die GPF ontbied

terwyl hulle die insittendes van die BMW ondersoek het. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

’n AfriForum-buurtwaglid was op 6 Oktober op die hoek van Lincolnlaan en Swartkoppiesweg toe ’n Honda met ’n BMW gebots het.

Die BMW het omgeslaan. Terwyl nooddienste die pasiënte in beide motors behandel het die Alberton-buurtwag die toneel help beveilig deur verkeer te reguleer. Die BMW se passasier is na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Op 26 September het die Alberton-buurtwag op ’n ernstige ongeluk op die R59-Suid voor die Swartkoppies-afrit gereageer, waar ’n Toyota en ’n Kia in ’n botsing betrokke was.

Hierdie ongeluk waarop AfriForum se buurtwag gereageer het, het op 12 Oktober plaasgevind. Foto: Alberton AfriForum.

Vier van die insittendes is uit die Toyota geslinger en is op die toneel behandel voordat AfriForum-lede gehelp hetom hulle in ambulanse te laai. AfriForum het saam met die Gautengse verkeerspolisie gewerk om die R59-Suid tydelik te sluit terwyl nooddienste op die toneel was.

Buurtwaglede het ook op 24 September met verkeersbeheer gehelp tydens ’n noodlottige motorongeluk op Kliprivierrylaan en Swartkoppiesweg. Twee insittendes van die motors was in hul voertuie vasgekeer, maar ten spyte van swaar reën is al die insittendes verlos en na verskeie hospitale geneem.

Een van die insittendes van ’n Nissan het egter aan haar beserings beswyk. AfriForum het gehelp om die toneel te beveilig totdat die betrokke owerhede oorgeneem het.

“Alberton AfriForum-buurtwag se betrokkenheid by die voorvalle wys dat gemeenskapsveiligheid nie net oor die patrollies gaan nie, maar ook om broodnodige bystand aan nooddienste te bied en om die gemeenskap te beveilig,” sê Nadia Olckers, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

“AfriForum bedank elke buurtwaglid wat die afgelope paar weke tyd afgestaan het om die gemeenskap van Alberton so so doeltreffend te beveilig. Dit is duidelik dat dié buurtwag ’n passie vir gemeenskapsveiligheid het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button