Local News

Voornemende leerders geniet 'n oggend by Ories

Dit was 'n gewoel van 'n ander aard toe kleingoed hul eerste besoek aan Laerskool Orion gebring het om meer oor die skool te leer.

Dit was ‘n groot leerskool! Van ‘n hartlike ontvangs by die hek, tot onderwysers wat talle nuuskierige vrae oor allerlei onderwerpe moes antwoord, ‘n ietsie meer oor sport en sommer net lekker aktiwiteite het die Orie-gees laat seëvier.

En so teken ‘n nuweling aan vir die aktiwiteite by Laerskool Orion. Foto: Verskaf

Die toekomstige Orie leerders het met ywer deelgeneem, talle vrae gevra en vinnig tuis gevoel in hul nuwe omgewing.

‘n Nuuskierige nuweling wat meer wil leer. Foto: Verskaf

“Laerskool Orion wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek teenoor elke ouer, leerder en besoeker wat ons opedag bygewoon het,” het Danny Lats, verantwoordelik vir bemarking by die skool gesê.

 Pret en plesier was deel van die oggend se aktiwiteite. Foto: Verskaf

“Dit was vir ons ’n voorreg om ons skool, ons waardes en die hart van die Ories met julle te deel. Ons vertrou dat elke gesin met ’n positiewe indruk en ’n warm gevoel weggestap het, met die wete dat Laerskool Orion ’n plek is waar elke kind raakgesien word, waarde het, en die geleentheid kry om in sy of haar eie reg ’n ware Orie-ster te word.

 “Kan meneer my meer vertel want ek wil meer weet?” Foto: Verskaf

“By die Ories glo ons daaraan om nie net akademies te groei nie, maar ook om kinders te help ontwikkel tot selfversekerde, gelukkige en gebalanseerde jongmense met groot drome en sterk waardes.

Is dit nou seerowers of is dit iemand wat meer van tennis leer? Foto: Verskaf

“Dankie dat julle deel geword het van ons Orie-gees. Ons sien uit daarna om saam met julle die toekoms te bou.”

“Ek sien uit daarna om ‘n nuwe Orie te wees.” Foto: Verskaf
Hokkiedogters van Laerskool Orion was gereed om die kleigoed meer van die sport te vertel. Foto: Verskaf
 Laerskool Orion het gesorg dat daar vir elke nuwe Orie leerder iets was om aan deel te neem. Foto: Verskaf
 ‘n Hindernisbaan het vir baie lag en plesier gesorg. Foto: Verskaf
Die kleingoed het ywerig aan hokkie deelgeneem om hul vernuf te toets. Foto: Verskaf
Sommer so uit die staanspoor wanneer die nuwe leerders by die hek ingestap het, was die Orie-welkom warm. Foto: Verskaf
“En wat is die?” Foto: Verskaf
 “Kyk ma – ek is in die kol!”. Foto: Verskaf
Groot glimlate was oral op jong gesiggies. Foto: Verskaf
 “Ek kan die behoorlik doen!” Foto: Verskaf
 Kleingoed het ywerig nader gestaan om meer van tennis te leer. Foto: Verskaf

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button