
Hiermee wil ek graag my teleurstelling uitspreek t.o.v die briewe wat deur Alberton Rekord gepubliseer is. Die Alberton Rekord is ons plaaslike koerant en trots vir almal om te lees.
Die briewe wat die afgelope twee weke in die koerant geplaas is, is skokkend en van dit is deur mense geskryf wat nie eers die persoon, familie of omstandighede ken nie.
Hoe kan die Alberton Rekord sulke briewe publiseer en die familie nie in ag neem nie?
Is dit nie ons as gemeenskap asook Alberton Rekord se plig om die familie te verseker van ons ondersteuning, bystand en liefde nie?
Die Bybel sê vir ons in Johannes 8:7 Die vrou wat owerspel gepleeg het- “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip gooi”.
Hoop dit was die laaste, het nou genoeg daarvan gehad.
Elize, Alberton
KOMMENTAAR
Elize, baie dankie vir jou brief en wees verseker dat ons steeds ons gemeenskap sal dien en altyd ons gemeenskap sal dien. Jy is duidelik nie bewus van die hele agtergrond van hierdie storie nie en dit sal goed wees as jy eers seker maak van al die feite voor ons klippe gooi. Die storie is egter nou afgehandel, almal het hul dag in die hof gehad, die gemeenskap kon besluit…
Redakteur.