Ek wil mense bewus maak van ‘n nuwe verneukspul wat die rondte doen.
Ek is onlangs gebel deur ‘n dame wat gesê het dat sy vir DStv werk en dat sy my kan help om ‘n beter pakket (DStv Premuim) te kry wat vir my meer aan bied teen R100 meer as wat ek huidiglik betaal.
Dit was vir my ‘n goeie aanbod en ek het belangestel, totdat sy my begin uitvrae het oor my persoonlike inligting.
Sy wou my ID nommer en bankbesonderhede hê.
Ek het toe vir haar gesê dat dit op die sisteem moet wees en dat sy dit vir my moet deurgee. Dadelik het daar ‘n alarm in my kop afgegaan en ek het vir haar gesê dat ek nie belangstel nie.
Na ‘n paar minute lui my foon weer, maar die keer was dit ‘n man wat my vloek en vra hoekom ek nie belangstel nie.
Ek het hom geantwoord en gesê dat ek weet dié is ‘n scam en hy het die foon doodgedruk. Gelukkig vir my was ek op en wakker, maar die mense kan maklik ander mense vang.
Met die Kersseisoen dink ek gaan hierdie tipe dinge al hoe meer gebeur en ek wil mense net waarsku.
Moet nie jou persoonlike inligting of bankbesonderhede net sommer uitgee nie. As iets te goed klink om waar te wees, is dit gewoonlik.
Anoniem – Alberton



