LettersOpinion

Eerste Kersfees sonder jou

In liefdevolle herinneringe aan ons dogter, suster en tannie Elaine Holtzhausen (6 Oktober 1971 tot 18 September 2020).

Soos Kersfees nader kom raak dit al hoe moeiliker vir ons om ons emosies in toom te hou liewe Elaine.

Hierdie is die eerste Kerstyd sonder jou en ons kan nie beskryf hoe dit sonder jou gaan wees nie. Jy is weggeruk van ons af toe ons nie voorbereid was daarvoor nie.

Mag jy in vrede rus.

Ons verlang na jou en mis jou vir altyd.

Jou hart van goud, jou glimlag van vreugde en jou goedhartigheid en onselfsugtigheid wat uitgereik het na almal wat jou pad gekruis het.

Ons kan jou nooit vergeet nie. Die leemte wat jy in ons harte los is gevul met hartseer, verlange en mooi herinneringe.

Dankie vir jou boeke as deel van jou erfenis, dit is ons trots en jou naam is daarin vir ewig.
Jy is in ons harte.

In liefdevolle herinneringe aan ons dogter, suster en tannie Elaine Holtzhausen (6 Oktober 1971 tot 18 September 2020).

Rus in vrede.
Pa, ma, Jolene, Nicolene en Joshua – Alberton

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button